KRIZELDA + AWIE VERWAG
Grootbrak
Baie geluk Awie + Krizelda! Dit is nou al amper 2 jaar nadat ek hierdie fun couple se troue afgeneem het en nou brei hul die familie uit! Ek weet dat Meeko 'n baie gelukkige baba sal wees met hierdie twee as ouers (never a dull moment!) Ek het elke keer vet pret saam met julle. Dankie dat jul altyd in my vertrou. Mag Meeko vir julle baie geluk en liefde bring...

























