LIEKE (6 MAANDE)
Waterzicht, Klapmuts
Dit is vir my elke keer so 'n groot plesier om hierdie pragtige familie af te neem. Ek het vir Ruan + Rosa ontmoet toe hul verwagtend was met Lieke vir 'n Maternity Shoot. Daarna was ek so bevoorreg om vir Lieke 'n Newborn Shoot te doen. Dit is nou 6 maande later en Lieke is nou besig om te verander van 'n baba na 'n klein mensie. Sy is so oulik en vriendelik. Seker van by beste modelle nog. Hierdie is beslis een awesome familie en ek is so bly om te kan deel in hierdie groot oomblikke in jul lewens! Baie dankie dat julle in my vertrou. Geniet die fotos!







































