MARZANNE + ALWYN
Die groot dag is om die draai en ek sien so uit na die 2 mensies se troudag! Marzanne + Alwyn is nou 'n ware DIY couple en klink my dat hul enigeiets kan maak. (Ek het die bewyse gesien in hul pragtige huis) Hul het dinge so bietjie agterstevoor om gedoen en soos Alwyn sê "die 5 jaar plan in 'n 7jaar plan verander" toe hul besluit om eers huis te bou en daarna te trou. Alwyn het vir Marzanne gevra om te trou met haar ouma se ring wat ook haar ouma grootjie se ring was, so spesiaal en so mooi! Marzanne is besig om van die trou décor self te maak en gaan ook die koek self bak. Hierdie is nou vir jou 'n vrou wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Sy het selfs 'n paar "tricks" op You Tube geleer! Hul gaan in Malmesbury in die kerk trou en dan die onthaal, lekker gesellig, by die huis hou. Ek is nou sommer lekker opgewonde vir die troue...







































Mag julle 2 nou uiteindelik al die geluk in die wereld kry …. na 7 jaar verdien julle dit !!!