LANGENHOVEN FAMILIE

Wellington

Ontmoet die Langenhoven familie!
Ek was verras die oggend van die foto sessie toe ek vir Louis herken as ‘n ou sport vriend van skool dae.
Hy het ‘n oulike vrou Gretha en hul het ‘n pragtige krul kop seuntjie Adam wat ‘n fantastiese model was op die dag!
Adam het ook die mooiste groot ogies en ondeunde glimlag, so oulik.
Dit was ‘n vroë lente oggend op ‘n vrugte plaas buite Wellington waar ons die fotos geneem het.
Baie dankie Gretha en Louis vir jul vertroue in my as fotograaf.
Geniet elke oomblik met daai spontane seuntjie!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *